© 2023 by The Book Lover. Proudly created with Wix.com

  • Grey Facebook Icon
  • Grey Twitter Icon
  • Grey Google+ Icon
Kyk 'n bietjie wie in die gemeente is besig om wat te lees...

Corrie Pretorius

Making the Best of a Bad Decision

deur Erwin Lutzer

  

“I made a mistake that changed my life forever. 

What do I do now?”

“Is there a way to move past what happened and start again?”

“Will my situation ever get better,

or have I missed my chance at a great future?”

Selfs slim mense kan dom/verkeerde besluite maak!  Hierdie boek gaan oor hoe om die beste te maak van ons slegte besluite.  Om goeie besluite onder uitdagende omstandighede te maak, is moeilik, maar nie onmoontlik nie. 

Toe sonde die wêreld binnegekom het, was genade daar om dit te ontmoet.  Vir dié wat dit aanvaar, is genade beskikbaar om weer ons gebroke verhouding met ons Skepper te herstel, en om selfs die ergste van ons slegte besluite te red.

Alledaagse kwessies soos huwelikskeuses, geldsake, verhoudings, beroepslewe ens. word bespreek.  Rigting word gegee oor wat om te doen as ek wel ‘n verkeerde keuse gemaak het asook hoe om dit te vermy.

Dit klink dalk weer na een of ander selfhelp boek, maar dit is allermins.  Keer op keer word sonde uitgewys asook die terugkeer en herstel wat daar by die Here is.  Praktiese voorbeelde van verkeerde keuses uit die Bybel word gebruik asook die regstelling vanuit die Skrif.

Hierdie kan deel wees van jou eerste tree uit ‘n groot gemors of donker gat waarin jy beland het agv jou verkeerde besluite.  Sonder om doekies om te draai word die bul by die horing gepak.  Daaglikse bekering word hier vir jou op ‘n praktiese manier uitgewys.

Aan die einde van die boek is daar ‘n besprekings-gids met toepassingsvrae om elke hoofstuk se inhoud bietjie nader aan die lyf te bring.  Dit konfronteer jou met wat dalk in jou lewe aangaan, maar waarvan niemand anders, behalwe God weet nie.  Dit is ‘n gids om jou gedagtes te vernuwe binne die raamwerk van die Skrif.

Hierdie boek is by uitstek ‘n boek van HOOP!

Ek gaan hierdie boek beslis weer lees!

BOEKE: WIE LEES WAT?

Modesty: More than a change of clothes

Geskryf deur Martha Peace en Kent Keller

 

Hierdie boek is geskryf deur 'n man en vrou, en is dus glad nie ‘n eensydige of seksistiese boek nie.

 

Wat jy aantrek het ‘n groot effek, want dit sê baie van hoe jy God sien, hoe jy ander mense sien, asook hoe jy jouself sien.  En dit kan ‘n probleem wees as dit nie reg belyn is nie

 

Die eerste paar bladsye van die boek het my vasgevang en sommer al aan die begin is daar so ‘n pragtige definisie gegee van “Modesty”:

 

Modesty is an inner attitude of the heart motivated by a love for God that seeks His glory through purity and humility; it often reveals itself in words, actions, expressions, and clothes.

 

As jy die Here met jou hele hart liefhet, sal jy Hom WIL behaag!!

Dit gaan dus nie net oor die klere wat jy aantrek nie, maar baie meer!

Die teenoorgestelde van modesty word net so “mooi” gestel in die boek gestel:

 

Immodesty is an attitude of the heart that expresses itself with inappropriate words, actions, expressions and/or clothes that are flirtatious, manipulative, revealing, or suggestive of sensuality or pride.

 

Dit was toe duidelik gewees dat ek nie hier oor modes en die moets en die moenies gaan lees oor kleredrag nie, maar oor die hart wat elke man en vrou moet hê.

Die boek is meer gemik op die vrou, want dit is ‘n eeue oue feit dat die vrou haar lyf gebruik om dinge te laat gebeur.  Vroeg in die Bybel kry ons al daarmee te doen en regdeur tot in die briewe van Paulus word dit aangespreek. Maar moet nie die man uitlaat nie!

 

Regdeur die boek is ek, as man, gekonfronteer met Bybelse waarhede, maar meer nog het die Heilige Gees in my hart gewerk.  Daardie plek, my hart, wat nie reg is nie.  My hart wat bedrieglik is.

 

Hierdie boek gee op ‘n praktiese manier raad oor die pad vorentoe as ‘n oorwinnaar in Jesus.

Elke ouer moet dit lees

Elke jongmens moet die lees

Elke oupa en ouma moet dit lees

Elke ouderling moet dit lees

 

Dit is nou wel geskryf vir ‘n meisie/vrou, maar die mans moet kennis dra, want daar is baie vrouens wat ‘n invloed het in jou lewe, hetsy jou vrou, jou ma, jou skoonma, jou meisie, jou sussie, jou dogter, jou kleindogter.  Jy as man kan hierdie ook netso op jouself van toepassing maak.

Hierdie webblad is 'n verlenging van die Boekwinkel van Antipas Baptiste Gemeente Pretoria. Hier is 'n versameling van verdere leesstof om op te bou, aan te moedig en kritiese denke te stimuleer. 

Dit is op geen manier 'n formele verteenwoodiging van die gemeente se opinie, beleid of oortuigings nie.

Vorige Artikels

January 6, 2019

December 7, 2018

Please reload

Agtergrond